Wow, I am very emotional today! Today I looked around me and saw hurt, love, pain, believe and hope!
I want to share with you the story of Kayla Bezuidenhout. This wonderful 11 year old faces a brutal world everyday of her life and still she smiles!
Kayla has been diagnosed with Hypothyroidism, this means that this beautiful girl is trapped in a body that keeps putting on weight no matter what she does. Seeing the hurt, the longing to be like the others really made me feel like I can scream at the top of my voice "Why a kid Lord! Why do you do such cruel things! Such a beautiful girl has to carry such a burden in life!"
But as with all things there is hope, Kayla can undergo surgery to make her life whole again, but the medical aid does not want to pay for the procedure, this means that the parents have to get a R 100 000.00 before the surgery scheduled in December.
If you feel that you can help, or know of someone who can help please contact
Hanlie on 0796607767.
Here is a letter written by her mother.
In die Oë van my kind
As ek in die oë van my kind kyk, sien ek so baie dinge. Ek onthou die gelukkige en onskuldige baba en peuter wat so ‘carefree’ was,
totdat die lewe sy streep op haar kom trek het.
Ek sien die bang kleuter wat die eerste keer moes stillê sodat die dokters
‘n naald in haar klein armpie kan steek vir NOG toetse.
Ek sien die trane in haar oë as ons probeer verduidelik wat hierdie groot
masjiene is wat so raas wanneer sy nog ‘n MRI or Catscan moet kry.
Ek sien haar onsekerheid as sy op vakansie ook in die see wil swem, maar
die ‘tannie-costume’ sonder die Barbie prentjie lyk nie so mooi soos die ander maatjies
sin nie, maar sy kan net die een dra want dis al wat pas.
Ek sien die verskriklike hartsverskeurende hartseer wanneer sy my vertel
dat iemand haar vandag al weer vet of lelik genoem het.
Ek sien die vrae wanneer sy vandag weer nie in die Wiskunde klas se bank
kon inpas nie en Juffrou weer nie hoor totdat almal gesien het en weer na haar
gestaar het nie.
Ek sien die donker in haar oë wanneer die vreeslike Depressie weer so swaar
op haar skouertjies kom druk vandag dat niks vir haar lekker voel nie.
Ek sien die bloedrooi gesiggie wanneer sy saam ‘n maatjie gehardloop het en
die hartjie bons uit haar borskas uit, en die sweet hardloop straaltjies teen
haar pragtige gesiggie af.
Ek sien die vrae op haar gesiggie as sy vra hoekom Jesus haar gekies het om
hierdie siekte voor te gee.
Ek sien die opstanding en frustreerdheid wanneer sy weet ons sal weer klere
moet gaan koop want laas seisoen sin is al weer te klein. Wanneer ons
spesiaal die tannie moet gaan sien wat haar skoolklere maak omdat die
skoolwinkel sin net nooit wil pas nie.
Ek sien die moedeloosheid as sy haar kosblik oopmaak en dis al weer
Provitas en Vrugte. Die ander maatjies eet dan so lekker.
Ek sien die vrae op haar gesiggie as sy vir haarself in die spieël kyk as
sy klaar gebad het en dit lyk dan meer soos ‘n tannie se lyf as ‘n klein
dogtertjie sin.
Ek sien die moegheid in haar oë omdat dit vandag al weer nog ‘n dokters
besoek by NOG ‘n dokter of hospitaal is…
Ek sien haar gebreekte siel elke keer as sy by die dokter op die skaal moet
klim en dis al weer meer as laas. Al het sy nie die popcorn by die fliek
ge-eet of die roomys op die strand nie.
Ek sien nog steeds my pragtige liewe kind met ‘n hart van goud wat soveel
empatie het met die mensdom al behandel soveel van hulle haar sleg.
Ek sien my pragtige 11 jarige
dogtertjie wat so ‘n lus vir die lewe DIEP binne haar siel bère, maar haar
liggaam hou dit gevangene.
Ek sien ‘n lewensveranderde operasie wat in Desember my kind se lewe
onherroeplik gaan verander.
EK SIEN HOOP!
No comments:
Post a Comment