Poems

Hoekom....


Hoekom het ek my gat stukkend gesit op die banke...
In die kinderkrans Henry Colgate se storie vir die waarheid opgevreet...
Voor gesit in die sondagskool, Sondag na Sondag, na Sondag...
Onse Vader geleer Psalm 23 opgesê...sondag na sondag na sondag na sondag...
Ek moes besef toe sy gaan dis alles na die maan...maar my beker loop oor van hoop...sondag na sondag na sondag...

Gekookte wortels, gekookte aartappels, gekookte rys, gekookte hoender, gekookte wors...
Tannie...hier is die geld vir twee borde kos Tannie...
Tannie...ons sal later regmaak...sondag na sondag na sondag...

Vra smeek, Here HELP, Sondag na Sondag my sondes bely, die Here weet...
Weg met jou, tiende is KONING, jou rokende, vloekende sondaar, Sondag na Sondag na Sondag...

Mens moet kerk toe my kind, dis waar jy die Here vind, glo en vertrou, Hy sal jou naby hou, Sondag na Sondag na Sondag...

Tyd kom en gaan, word geskel, leer oor die hel...God weet alles...God beproef jou...God wat stom is maak reg wat krom is...en ek wag...Sondag na Sondag na Sondag...

My lewe gelei...aan ander gewy...moenie worry nie, God sal help...
Wat n wonder! Hy word gesonder...dood...
Wat n wonderwerk hy het werk...honger...

Ek vra maar niks, kroos sien die gate...niks kan daardie seer keer...was dit jou doel God? Is dit die lot?

Ek bid...
Ek bid vir donker stilte...
Ek bid vir die dood...FOK JOU! Waar is my geld!



Ek is geen.....


Ek is geen Totius of van Wouw
Langenhoven gaan soms my verstand te boven
Opperman se Jorik maak my olik
Van Wyk-Louw maak die lewe grou

So wat is dit waarvan ek hou
glad nie die geskrou
of 'n lied wat vertel hoe die liefde verbrou

Jan F Celliers voer my mee na 'n tyd waar die oues nog na my kyk
waar die waardes van die armes my na my kniee dwing
en jy na hartelus in jou taal in die kerk kan sing

Binne my drup die trane van gister oor die helde van more sonder hulle is ons verlore

Wat kan ons doen om hul te versoen
strydbyl teen loodpyl
'n nasie wat wink
en skuil agter 'n kind se gehuil

Hy skree die myne is syne
en vat die wind uit die baster kind se seile

Oor en oor hoor ons almal ons gaan verloor
Hulle sing di soos 'n koor, wat staan ons te doen as die kinders dit hoor

Stuur hulle na 'n ander land? sonder waardes of verstand?
daar gaan hulle ook brand!

Wat het geword "van 'n man wat sy man kan staan"?,
voete van klei het hulle versprei!
politiek het sy geloof gekortwiek
hy kyk alles soos 'n fliek

Agter sy ses voet mure skuil hy van sy bure
moet net nie om hulp vra dit kan hy nie verdra

In 2 generasies is dit 'n ander nasie

weg is die man wat sy man kan staan
weg is die arm wag 'n slag kan slaan
weg is die oog wat nie wyk en 'n bars hou kyk
weg is hy wat sy moeder eer
weg is hy wat sy taal leer
weg is hy wat verraaiing in sy siel verag

Maar eerder 'n man

wat sy vrou verloeen
wat sy kaart gebruik om na hulle te kyk
wat agter sy stuur na ander gluur
wat sy taal verloeën eerder as sy kerk te skoon
wat sy land verarm deur bakhand te staan
wat pronk in sy klere en 'n hart sonder sy Here

Word wakker!, word wakker!, julle lewe raak al kakker!

Begin by jou huis en dra jou kruis
Gaan na jou loon en arbei sonder om te verloeën
Eer in jou taal sonder om te vaal, wees eerlik en nie beskaam
Wees weer 'n man wat sy man kan staan!

Wees weer 'n man maarna jou seuns kind kyk en sê so wil ek lyk
Of jou dogter kan sê so 'n man wil ek hê

Die hond!



soms hardloop jy rond
ander tye is ek gesond

soms sit jy by my
ander tye wonder ek wanneer kom jy

soms vreet en slaap jy die heeltyd
daai tye is dit speel tyd

soms is dit tydvrate
ander kere bankstate

soms los jou byt 'n wond
anderkere is daar 'n wag voor my mond

soms sit jy die idee in my kop
en laat my dink ek is 'n flop

soms ruk jou kake so seer
ek verloor beheer

maar dan is daar Sy genade
dit keer my dade

my gesin is dan weer my begin
want Hy maak alles sin

voel ek teer
genees Hy die seer

voel ek verward
koester Hy my teen Sy hart

voel ek nie meer die leier
weet ek Hy sal my nie laat styer

soms hardloop jy rond
maar Sy halsband maak my gesond!



Die padkaart deur my lewe


Hill Straat was die hooftraat
In ou hande toegevou
Met Ps 23 as ‘n maat was ek gerig na die Lig
Daar was lewe vir almal en ek
In ‘n oogwink was dit net ek

JB Muller straat, met liefde het ek gedy
Groot oop deure het my gelei
In die skadu van ‘n peperboom was daar gedroom
Lewies, Sushara, Kernollie en Nella and al die pelle
Nooit weer was dit net ek, dit was my plek
Sonder my maat wat sukkel praat moes ek die plek verlaat

Kaap weg was ‘n lewe vol sleg
Bier en ghries dampe was in die kampe
Soos bobbelhondjies in die busse, donker oggend, donker nag
Hier was die seer, op 22 Augustus was hy nie meer
Oop graf het vir my die tweede keer gelag
Hier moes ek weg, ek het klaar my hond gekry

Karen straat het ek gehaat, ek was daar met ‘n valse maat
Bus en trein gery om almal te vermy
In President straat gevoel daar is ‘n doel
Loop van deur tot deur met griffel kuns, geen klok wat lui
Die Bobbies het my klaar gekry

Rebecca Straat in blou gewaad, in Danville, Mayville en Wille Area aan vals beloftes vasgeklou
Mosselbaai sou ek in blou nooit aanskou
In die skadu van Weskoppies ontmoet ek baie poppies
Op ‘n blind date seel dit my fate en ek het geweet ek gaan jou trou my vrou

In Silwer Straat was jy my maat, daar het ons saam gebly
Nooit gelol, net gejol
In Billies op my knie gedaal, gelukkig het ek nie gevaal
Ek kort voor lank was dit ek en jy
Op die bank ons twee saam veraltyd onder een naam

Piet Grobelaar Straat was ons begin, ek en jy word ‘n gesin
Dankie Heer aan U goedheid geen keer, my kids en vrou sonder seer
Finkel en Koljander, my broer word weer vir my gebore
Watter goeie tye, sonder 2 pond 10, maar ons was gesien

Jooste straat is nou my huis, famielie en gesin inkluis
Hier waar ons swem en baljaar weet ek U is daar
Met my vrou en kroos aan my sy word ek deur U gelei
Ek en my hond is hier gesond

Die kind se dag kom nader Vader
Gee hulle ook die pad wat tot rusting lei
Gee hulle Ps 23 Here, al gaan hulle te kere
Want ek weet net U maak ons wil stil

Vandag

Vandag is die lug blou en ek weet ons kan alles met nuwe oë aanskou,
weg is die las wat ons aantrek soos ‘n jas,
met nuwe bekoring kyk ek na die aardse woning
die prag van die natuur, ‘n nuwe wysie elke uur

Blond, borrelend en pragtig sit die gawe van Bo, elke oomblik laat sy my glo
niks staan tussen ons, al raas ons soms dat dit gons
niemand gaan ons niks vertel, saam sal ons staan tot in die hel
nie net hart van goud, nooit koud, soms stout

Dankie vir my vrou, nooit ‘n oomblik van berou
maak heel sodat ons lank saam kan speel
elke dag vol van lag
die lot glo ek is my siel se genot

Met kind geluk gevind ons is verbind
die kroos wat ons moet troos maak ook ons harte broos
opgedra aan Bo, dis wat ons glo
elke dag die vreugde met deugde, dankie God vir die lot

Vandag is die lug blou en ek het alles met nuwe oë aanskou,
dankie God vir my jas, dis geen las
met nuwe bekoring kyk ek na die aardse woning

die prag van die dag, gee my rede om te glimlag

No comments:

Post a Comment